Worcester Wine Route
Home | Wine & Olive Route | News | Events | Map | Activities | Accommodation | Restaurants | Gallery | Contact Us
WWR News Banner
"News" photos are also in the "Gallery".
BC Wines has just launched for the very first time a BC Wines Shiraz
We are proud to announce that BC Wines has just launched for the very first time a BC Wines Shiraz.

This exciting new addition to the BC Wine range can be described as a smooth wine with ripe fruit on the nose leading to a soft spicy palate with peppery notes. The wine is rounded off with attractive whiffs of smokey oak. The wine can be served between 14° - 16°C and will be great with grilled meat, beef stew and meat lover's pizza.

Ons is trots om aan te kondig dat BC Wines sopas hul eerste BC Wines Shiraz bekend gestel het. Hierdie opwindende nuwe aanwins tot die BC Wine-reeks kan beskryf word as ‘n fluweelsagte wyn met ryp vrugte aromas en 'n ligte speseryagtige smaak besprinkel met subtiele peper.

Die wyn word afgerond met aantreklike geure van gerookte eik. Bedien die wyn tussen 14° - 16°C. Geniet met geroosterde steik, beesvleisbredie en vleisgevulde pizza.
CONGRATULATIONS: The Overhex Soulo 2011
Baie geluk aan Jandre Human en Overhex se Wynmakerspan!!!

CONGRATULATIONS: The Overhex Soulo 2011 is one of the winning wines in this year's FNB Sauvignon Blanc Top 10 Competition. We are very proud of you!!
Celebrating Women
Elna Roux (APD), Pedro Camara
en Elzabé Morkel by die
'Celebrating Women' oggend by
Aan de Doorns Kelder
'n Bekende akteur van Worcester, Pedro Camara het Saterdag ‘n inspirerende boodskap gehad vir die dames wat die Worcester Wyn en Olyfroete se damesoggend by Aan de Doorns Kelder bygewoon het.

'n Pragtige oggend getiteld ‘Celebrating Women’, is met ‘n heerlike ontbyt, Sweet Rosaline vonkel rosé wyn (lae alcohol!) en mooi musiek verskaf deur die jong sangeressie, Lydia-Marie Olivier geniet. Camara het ervaringe uit sy kinderdae gedeel en staaltjies vertel wat by die opneem van ‘n televisie produksie gebeur. Hy het ook ‘n DVD-vertoon van komiese oomblikke tydens die 7de-Laan opnames.

'Geniet jou lewe, om gelukkig te wees hang grootliks van jouself af, moenie aan negatiewe gedagtes en herinneringe vasklou en koester nie, haat is soos ‘n kooltjie vuur wat jy in jou hand vashou, dit sal op die ou en jou verteer.’ Camara het ook vertel dat jy nie iemand anders moet probeer wees nie, wees jouself en werk eerder daaraan om gelukkig te wees.

'Celebrating Women' is gehou ten bate van die Breede Vallei APD.
Stettyn Kelder Familie dag
Stettyn kelder het Saterdag 22 Oktober 'n heerlike familiedag aangebied. Die wyn en kos was puik en die kinders het heerlik baljaar. Nic Stevens se musiek was soos altyd uitstekend en sy trompetspel het almal gaande gehad.

Stettyn Kelder beplan om volgende jaar in Oktober weer ‘n familiedag te hou. Sien gallery vir nog foto's
Bacchus Classic Gholfdag
Die jaarlikse Bacchus Classic Gholfdag was die afgelope Saterdag by Worcester Gholfklub weereens ‘n groot sukses. Vier-en dertig spanne, bestaande uit wynmakers, wingerdbouvoorligters en verskaffers aan die bedryf, wat ook die borge van die dag was, het deelgeneem. Die Bacchus Classic is hierdie jaar vir die 20ste agtereenvolgende jaar gehou en neem wynmakers van onder meer Worcester, Breedekloof, Robertson en Bonnievale daaraan deel. Stanley Louw, een van die stigterslede het genoem dat die Bacchus Classic ‘n ontspanne manier is vir die mense in die wynbedryf om met mekaar te doen te kry en alhoewel daar ‘n wenspan is, is dit ‘n nie-kompeterende dag. Vir baie wynmakers is dit hul enigste gholfdag vir die jaar en is hulle voorgee ook net 'gholf'. Volgens Mnr Louw word ‘n algemene network van kennis, ervaring en raad op ‘n informele wyse gevorm en is dit is ‘n spesiale dag vir die wynmakers.

NUY WINE ESTATE
Dubble gold:
Red Muskadel 1989
White Muskadel 2007 Gold:
Chenin Blanc 2011

Read more ...
MICHELANGELO INTERNATIONAL WINE AWARDS

ALVI’S DRIFT CELLAR:
Dubble gold:
Muscat de Frontignan 2007
Muscat de Frontignan 2010

Read more ...
INTERNATIONAL WINE & SPIRITS COMPETITION - UK

ALVIS DRIFT CELLAR
CVC 2010 Gold Best in Class
Chardonnay 2010 Silver
CVC 2008 Silver

Read more ...
BEST VALUE AWARDS

AAN DE DOORNS CELLAR
Sauvignon Blanc 2011
Doornroodt 2009
Blanc de Noir 2011
Semi – Sweet Colombar 2011


Read more ...
WINE MAKERS CHOICE DIAMANT AWARD
De Wet
Chenin Blanc 2011

AAN DE DOORNS CELLAR
Chenin Blanc 2011
Colombar ( S\S) 2011

Read more ...
Worcester maak Kampioenwyne!
Worcester / Breedekloof Jongwynskou 2011
NUY

Louwritz Louw (regs), wynmaker van Nuy Wynkelder, ontvang die Maurivin Trofee van Dr Heinrich vir die Kampioen Shiraz. Nuy Kelder het nog twee kampioentrofeë verower naamlik vir hul Semillon (gehout) en Semillon (ongehout).
DE WET

De Wet Wynkelder het hierdie jaar met sy Nouvelle die AEB Chemicals Trofee vir die Kampioen Ander Wyn verower. De Wet Wynkelder se wynmaakspan is Tertius Jonck, Piet le Roux (Kelderbestuurder) en Phillip Vercuiel.
AAN DE DOORNS

Die wynmaakspan van Aan de Doorns Wynkelder spog hierdie jaar met die Cape Cooperage Trofee vir die Kampioen Cabernet Sauvignon. Johan Morkel, Kelderbestuurder/Wynmaker, André Kotzé van Cape Cooperage, Ryno Booysen, wynmaker en Gert van Deventer, Senior Wynmaker.
2011 wyne van De Doorns Kelder

Roodehof R25/bottel, is weer beskikbaar
Die volgende 2011 wyne van Stettyn Kelder is nuut op die mark:

Millstone Sauvignon Blanc
R28/bottel

Millstone Chenin Blanc
R24/bottel


'n EERSTE VIR WORCESTER!

De Wet Wynkelder se wynmaker Tertius Jonck, Elzabé Morkel (WWOR), Piet le Roux, kelderbestuurder en Phillip Vercuiel, wynmaker, klink ‘n glasie op De Wet se nuwe elegante MCC vonkelwyn, Cravate.

Die naam Cravate (krawat in Frans) dui op die gesofistikeerdheid van die wyn. Hierdie besondere vonkelwyn, waarvan daar slegs 650 bottels beskikbaar is, is op die tradisionele Franse sjampanje styl gemaak en is ook die eerste MCC in die geskiedenis van Worcester Wyn- en Olyfroete.

Die 100% Chardonnay wyn is reeds in 2009 gebottel en het onder die wakende oog van De Wet Kelder se wynmakers ontwikkel in ‘n pragtige MCC Vonkelwyn. Cravate, wat nou reeds geniet kan word, kan ook vir etlike jare verouder word.

Die wyn is by die kelder beskikbaar teen R80.00 per bottel.

Navrae: 023 3412710 of epos na admin@dewetcellar.co.za.
TERROIR AWARDS 2011

Baie geluk aan Nuy Kelder – Christo Pienaar en Louwrits Louw met die mooi uitslae.

1. Novare SA Terroir Wine Awards National Certificate winne 2011
Top Muscat:
Nuy White Muscadel 2005

2. Novare SA Terroir Wine Awards category winner 2011
Worcester District Terroir Awards :
Top Chenin Blanc: Nuy Chenin Blanc 2011
Top Shiraz: Nuy Barrel Selection Syrah 2008

OLD MUTUAL TROPHY WINE SHOW

BAIE GELUK AAN CHRISTO PIENAAR EN SY SPAN VAN NUY MET DIE VOLGENDE PRESTASIES BEHAAL BY DIE OLD MUTUAL TROPHY WINE SHOW 2011

Hul verower die Trofee vir die Beste Gefortifiseerde Wyn met ‘n 2005 Wit Muskadel asook die Trofee vir : DISCOVERY OF THE SHOW: WIT MUSKADEL 2005

Hul wen ook 3 Silwer Medaljes vir hul Muskadele.

BAIE GELUK CHRISTO EN LOUWRITZ ONS IS TROTS OP JUL!!!!
Helen Zille geniet Alivi's Drift se Naughty Girl!!!
Wel gedaan Hendrik!!!!

Baie geluk aan HENDRIK BOTHA van Stettyn Kelder wat gisteraand die tweede plek behaal het in die Agri Wes-Kaap/Santam Landbou se Jong Boer van die Jaar 2011 kompetisie.
Hendrik het ook hierdie jaar die 2de plek verower in die Vinpro/Winetech Wingerblokkompetise – Worcester/Breedekloof.
BAIE BAIE GELUK AAN CONRADIE FAMILY VINEYARDS MET DIE 4-STER TOEKENNING VIR HUL CABERNET SAUVIGNON BY WINE MAGAZINE.
Alvi's Drift Wine International was awarded a gold medal for their Drift Fusion 2008 at the Concourse Mondial du Bruxelles. Awards were also received in the UK At the recent International Wine Challenge in the UK, silver medals were received for the Viognier 2010 and Drift Fusion 2008 and a bronze for the Pinotage 2010.

The Alvi's Drift CVC 2008 and Chenin Blanc 2010 received both silver medals at the Decanter Awards in the UK.
2010 SA Olive Extra Virgin Olive Oil Competition

• Olyfberg - 1 Gold
• Rio Largo - 1 Double Gold, 1 Gold
• Willow Creek - 1 Gold
Veritas Awards

The Worcester Wine Route excelled at the Veritas and its wine makers walked away with 48 awards. These awards consisted out of 1 Double Gold, 10 Gold, 11 Silver and 26 Bronze awards.

Veritas panel of local and international judges adheres to strickt international guidelines and all tastings are done "blindly". Individual judges award points out of 20 after witch the points are discussed and a consensus is reached.
WWR - Naughty Girl Award Wine & Spirit Labels Of Excellence - Awarded To Alvi's Drift Naughty Girl
An Award in recognition of Excellence in the use of Self-Adhesive Labels in the Wine and Spirit Industries.

OBJECTIVES OF THE UPM RAFLATAC WINE & SPIRIT LABELS OF EXCELLENCE AWARDS

To Highlight And Promote:
• The artistic and technical collaboration between Brand Owners, Designers and Label Printers in producing outstanding Self-Adhesive Wine and Spirit Labels.
• The advantages and benefit of Self-Adhesive labels and their unique suitability for Wine and Spirit Labelling.
• The standard of South African Wine and Spirit Labels and raise awareness of the unique part the label plays in creating globally recognisable brands of the future.

(Spirit Labels would include the following: All Spirits, Fortified Wines and Alco pops)
WWR - Wine Magazine Wine Magazine Best Value Awards

Aan De Doorns:
Chenin Blanc 2010
Pinotage 2009

Brandvlei:
Chardonnay 2010
Chenin Blanc 2010
Hanepoot

Conradie Family Vineyards:
Sauvignon Blanc 2010 - 4 Stars
Sweet Rosaline Perlé Rosé

Overhex:
Balance Pinotage/Shirax 2009
Balance Shiraz/Merlot 2009
Balance Vin Sec
Balance Sauvignon Blanc/Semillon 2010

Visit Wine Magazine for more information.
WWR - Outdoor Expo Outdoor Expo by Bienne Donne

Worcester Wynroete en Worcester Toerisme het 'n stalletjie gehad by die Outdoor Expo by Bienne Donne 1 - 3 Oktober 2010.

Ons het Worcester se naam hoog gehou en uitstekende bemarking vir ons streek gedoen.

-> Photo: Elzabe Morkel (Worcester Wynroete) en Michelle Robertson (Worcester Toerisme).
Dans met Nic Stevens

Goed gedans vir ‘n goeie doel! ‘Dans met Nic Stevens’ op Saterdagaand 18 September was ‘n heerlike afskop vir Die Burger Kersfond gewees. Die 10 wynkelders op die Worcester Wynroete het behoorlik die wynvate laat oopdraai met goeie wyn, uitstekende musiek en ‘n lekker dans by Aan de Doorns Wynkelder. Die ander groot bor...ge was Hermitage Makelaars en Breede Vallei KwikSpar.

Behalwe vir die kaartjieverkope en borge het die fondse ook ‘n verdere hupstoot gekry deur gelukkige trekkings wat onder meer deur ‘n plaaslike gastehuis Reeds Country Lodge, Die Veldskoen Padstal Restaurant en Willow Creek Olyflandgoed geborg is.

Die totale opbrengs vir die poging is ‘n stewige bedrag van R10 082,20. Dit is ook een van die eerste skenkings hierdie jaar aan Die Burger Kersfonds.
HEXcursions Pedicab Tours - Passionately Driven

What is a pedicab? Pedicabs are environmentally friendly tricycles powered by the driver's legs. Pedal + Cab = Pedicab!

HEXcursions offers you a fun way to reach your destination and experience everything the HEXcape Grape Route has to offer!

Just sit back and let our knowledgeable and friendly pedicap drivers show you some of the local tourism industry’s hidden gems.

HEXcursions pedicabs are 100 % human powered and a great alternative type of transportation for tours, corporate events and even weddings.

Our professional pedicab drivers do all the hard work while you sit back, relax and enjoy the most unique and memorable sightseeing tour of your life!

Contact Melanie Viljoen for more information:
(C) 073 238 2026 / hexcursions@gmail.com
The Michelangelo International Wine Awards 2010

GOLD:
Alvi's Drift Private Cellar - Alvi's Drift CVC 2008
Overhex - Balance Reserve Cabernet Sauvignon 2009

SILVER:
Alvi's Drift Private Cellar - Alvi's Drift Chenin Blanc 2010
Alvi's Drift Private Cellar - Alvi's Drift Fusion 2008
Brandvlei Cellar - BC Wines Chenin Blanc 2010

Baie geluk aan Alvi van der Merwe (Alvi's Drift), Jandré Human (Overhex) en Jean le Roux (Brandvlei) en jul wynmakers met hierdie pragtige uitslae.
Stigting van Keerom Koöp

Baie geluk met die inisiatief vanNuy Kelder met die stigting van Keerom Koöp. Dit is 'n unieke gebeurtenis en die eerste keer in die geskiedenis van Worcester Wynroete dat een van ons kelders so 'n bemagtigingstransaksie met hul werkers aanknoop.

Worcester Wynroete is trots dat dit een van ons kelders is wat so 'n pad saam met hul werkers stap.

Baie voorspoed en sterkte word jul toegewens.
SA Jongwynskou Uitslae

As dit by wynkompetisies kom, is die kelders op die Worcester Wynroete bekend daarvoor dat hulle elke jaar met ‘n paar van die groot toekennings weg loop. Die gehalte van die wyne wat in hierdie streek geproduseer word, is van so ‘n aard dat van die hoogste toekennings gereeld jaarliks deur die kelders verower word. Alvi’s Drift Privaat Kelder het vanjaar met sy gehoute Chardonnay die kampioenwyntrofee van die Breedekloof/Worcester Jongwynskou verower. Aan hierdie wyn is ook die SA Kampioen Trofee op die onlangse SA Jongwynskou vir gehout Chardonnay toegeken. De Wet Wynkelder het ook uitstekend gevaar. Hy het op die streekskou twee kampioentrofeë verower met onder meer sy Chenin Blanc en Nouvelle ongehout. Laasgenoemde is ook die SA Klaswenner in die Nouvelle ongehoute afdeling. Nuy Wynkelder is elke jaar ‘n wenner. Vanjaar spog die Nuy Kelder op die streekskou met die Kampioen Semillon, terwyl sy Colombar effe soet en rooi Muskadel albei SA Klaswenners is. Brandvlei Kelder verower ‘n goue toekenning op die SA’s vir sy Cabernet Sauvignon/Shiraz versnit. Aan de Doorns Kelder het uitstekend gevaar op die nasionale skou en verower twee goue toekennings met ‘n Hanepoot Jerepigo en ‘n rooi muskadel.
Vonkel In Die Oog - Vonkelwyn Ontbyt

‘n Suksesvolle ‘Vonkel in die Oog’ Vonkelwyn ontbyt is Saterdag deur die Worcester Wynroete by Aan de Doorns Kelder aangebied. Die obrengs van die oggend is geskenk aan die Breede Vallei Vereniging vir Persone met Gestremdhede, ook bekend as Breede Vallei APD. Hierdie vereniging, wat reeds in 1951 deur die Rotariërs gestig is, bied dienste en hulp aan ‘n breë spektrum van behoeftige gestremdes. Opleiding word ook aan persone met getremdhede verskaf wat hulle in staat stel om ekonomies aktief te raak. Verder bied APD, kindersorg met spesiale opvoedingsprogramme aan. Hierdie vereniging is ‘n nie-winsgewende organisasie en ontvang slegs gedeeltelike staatsondersteuning. Die Breede Vallei APD se kantore is in Worcester op die h/v Grey- en Kerkhofstraat. Tans is die Breede Vallei APD se visie om ‘n dagsorgsentrum vir gestremdes op Touwsrivier te vestig aangesien daar ook ‘n ernstige behoefte daarvoor is.
Aan de Doorns' Warm Blanc de Noir For The Cold Days

There’s more good news for these cold winter days from the Worcester Wine Region. Aan de Doorns Wine Cellar between Worcester and Villiersdorp, which recently won a gold medal at the annual awards ceremony of the South African Muscadel Association for its 2009 Rooi Muskadel, has just released a semi sweet Blanc de Noir.

The Aan de Doorns Blanc de Noir 2010 is a lovely, light wine with aromas of rose petals. It’s made from muscadel grapes which spent two days on the skin before the juice was extracted. The wine has a low alcohol of 12%.

“This Blanc de Noir of ours will quickly drive away the cold,” says Johan Morkel, manager/winemaker, “but in the summer it will also make many friends when served on crushed ice. Enjoy it with curry, fish, chicken or other strongly flavoured food and you’ll have a feast.”

What makes Aan de Doorns’s Blanc de Noir even more attractive, is its price. It only costs R20 per bottle, or R100 for a case of six. The wine is available mainly at the cellar where it and other wines from Aan de Doorns can be tasted and purchased during the week from 08:00 – 17:00 and on Saturdays from 10:00 – 13:00.
Absa Cape Epic
WHAT'S HAPPENING
Olivae
Sushi Buffet

Overhex Bistro
Salami Tsunami

Nuy Valley
Wine & Dine
Home | Wine & Olive Route | News | Events | Map | Activities | Accommodation | Restaurants | Gallery | Contact Us
NT Designs - Website Design & Development